100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lebombo gesluit weens geweld na Mosambiek verkiesing

Written by on November 6, 2024

Die Grensbestuursowerheid het die Lebombo-grenspos tot verdere kennisgewing tydelik gesluit ná gewelddadige betogings in Mosambiek.

Die betogings het die einde van verlede maand uitgebreek nadat Mosambiek se verkiesingsuitslag bekendgemaak is.

Geweld het voorgekom by Ressano Garcia naby die Lebombo-grenspos.

Berigte is ontvang van voertuie wat aan die Mosambiekse kant van die grenspos aan die brand gesteek is. 

Die owerheid se adjunk-hulpkommissaris, Mmemme Mogotsi, sê sewe Mosambiekse polisiebeamptes het by die Suid-Afrikaanse grenspos skuiling gesoek.

Luister: ENG MogotsiOnBorder

Die besluit om dit tot verdere kennisgewing te sluit is om enige reisiger se veiligheid te verseker. 

Die situasie word fyn gemonitor. 

Intussen vra die ANC vir kalmte in Mosambiek te midde van toenemende onrus na die verkiesing en bewerings van bedrog deur die opposisieleier, Venâncio Mondlane.

Hy beweer hy het ‘n sluipmoordpoging in Sandton oorleef.

Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, bevestig daar is deurlopend samesprekings met die regerede Frelimo-party in Mosambiek om ʼn vreedsame oplossing te beding.

Betogings word vir Donderdag beplan en sleutelroetes is geblokkeer.

Die ANC onderskryf die belangrikheid van stabiliteit in die streek.