100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Foto’s: Bokke oefen by Mbombela-stadion

Written by on September 25, 2024

Die Springbokke het vanoggend ‘n oefensessie by Mbombela-stadion gehad voor hul Rugbykampioenskap toets teen Argentinië Saterdag.

Die media kon ‘n bietjie afloer.

Siya Kolisi

Siya Kolisi weer voer die span aan.

Eben Etzebeth

Eben Etzebeth sal met dié wedstryd die mees bekroonde Springbok van alle tye word en sy 128ste Boktoets speel.

Pieter-Steph du Toit

Pieter-Steph du Toit is terug na ‘n ruskans.

Manie Libbok

Manie Libbok begin op nr. 10.

Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as skakelpaar.

Damian de Allende

Damian de Allende begin op binnesenter.

Die senterpaar met die meeste wedstryde in die Springbok-geskiedenis in Damian de Allende en Jesse Kriel is herenig, met ‘n agterste drie van Aphelele Fassi (heelagter) en vleuels Kurt-Lee Arendse en Cheslin Kolbe.

Jesse Kriel

Jesse Kriel begin in die nr. 13-trui

Springbok-afrigter Rassie Erasmus het dieselfde beginvoorry aangewys wat Nieu-Seeland met 18-12 in Kaapstad verslaan het en dieselfde vyf voorspelerplaasvervangers, terwyl hy teruggekeer het na ‘n vyf-drie-verdeling op die bank ten gunste van die voorspelers.

 

Vincent Koch

Vincent Koch is deel van die sg. “Bomb Squad”.

Malcolm Marx

Malcolm Marx is deel van die sg. “Bomb Squad”.

Cobus Reinach

Cobus Reinach is een van die plaasvervangers.

Foto’s: Kaptured Concepts

Sien die volledige span hier: Rassie het plan met Libbok teen Argentyne – Radio Laeveld


×