Groot koue die naweek op pad

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku teen beduidende dalings in temperature die naweek – ook in die Laeveld.

Samke Thwala, ‘n voorspeller by die weerdiens, sê na ‘n hittegolf is ‘n kouefront op pad met selfs sneeu wat moontlik is in die omgewing van Standerton en Piet Retief.

Die beduidende koue sal Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat Vrydag haal – met verdere dalings teen Sondag.

Luister:

Sien ook: Graskop hou karnaval