100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Petrolprys daal Woensdag tot laagste in maande

Written by on September 2, 2024

Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne het aangekondig brandstofpryse daal môre om middernag tot hul laagste vlakke sedert vroeg verlede jaar.

Dan sal die prys van 93- en 95-oktaan-petrol met 92 c/l verlaag word, terwyl dieselpryse daal met onderskeidelik R1,05  en 79 c/l.

Lampolie word besnoei met R1,03 per liter en vloeibare gas sal 10 c/kg goedkoper wees.

Die verlagings word toegeskryf aan die afname in die prys van Brent-ruolie en ‘n sterker rand.

Sien ook: MP Solar flair mik hoog met Sasol-sonkraguitdaging