MTPA hervestig ses leeus in noorde van Krugerwildtuin

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) het saam met SANParke ses leeus vanaf ‘n plaas buite Malalane in die noorde van die Krugerwildtuin hervestig.

Die leeus het vir meer as ‘n week ‘n gevaar ingehou vir plaaswerkers, en kon nie na hul oorspronklike gebied teruggeskuif word nie, omdat ander leeus hulle reeds daar verjaag het.

Volgens die MTPA se woordvoerder, Simphiwe Shungube, is die noorde gekies omdat daar min ander leeutroppe is, wat die ses sal toelaat om te floreer.

Luister: ENG SimphiweonLions

Die leeus is op 13 Augustus verskuif en pas sover goed aan.

Sien ook: VIDEO: Drie mense in Hazyview aangekeer met onwettige goedere