100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela neem aksie teen geraasbesoedeling

Written by on August 16, 2024

Mbombela-munisipaliteit sê hy neem kennis van die onlangse toename in geraasbesoedeling.

Hy het ‘n saak aanhangig gemaak teen een oortreder wat bywet-toepassers verontagsaam het toe hulle op klagtes gereageer het.

Mbombela sê hy ondersoek ook die moontlikheid om die besigheidslisensie terug te trek.

Sy regspan is verder instruksie gegee om hofbevele teen twee ander fasiliteite in Mbombela en een in KaNyamazane te bekom om hulle te dwing om ordonnansies te eerbiedig.

Die nommer waar alle en enige klagtes, ook na-ure, aan Mbombela-munisipaliteit gerig kan word, is 086-162-6623.

Sien ook: Binnelandse Sake wil deportasie van Libiërs versnel


×