100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Botsing tussen Karino en Mbombela eis drie

Written by on August 12, 2024

‘n Botsing vanoggend tussen drie voertuie tussen Karino en Mbombela het die lewens van drie mense geëis.

Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het ‘n bakkie, midibus en vragmotor op die D2296  mekaar getref.

Die bus het skoliere vervoer.

Een van die leerlinge is dood, sowel as die bestuurder en ‘n passasier van die bakkie.

In totaal is 27 mense beseer en hospitaal toe geneem vir behandeling. Hulle sluit 26 leerlinge in, sowel as die busbestuurder.

Die pad is tans gesluit vir verkeer.

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê hulle vermoed dat die botsing veroorsaak is deur een van die voertuie wat onveilig ander wou verbysteek.

Die LUR, Jackie Macie, sê hy is bekommerd oor die getal botsings in die provinsie wat leerdervervoer insluit.

Sien ook: Ondersoek duur voort na botsing tussen skoolbus en trein


×