N4-ongeluk eis twee onderwysers

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.
n4 ongeluk

Twee onderwysers is gistermiddag dood in ‘n trompop-botsing op die N4 buite Mbombela.

Volgens Emer-G-Med het ‘n ligte afleweringsvoertuig en sedan omstreeks 15:20 tussen Eric’s Stalls en Rivulets teen mekaar vasgery.

Vyf mense is beseer.

‘n Woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die onderwysers was op pad terug van ‘n opleidingsessie by die Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie Akademie in Emalahleni .

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sal die families van die oorledenes vandag in in Matsulu besoek.

Die onderwysers was verbonde aan Masithake en Tikhontele Sekondêre skole.

Luister:

Sien ook: Nuwe toltariewe 1 Maart van krag – Radio Laeveld