Vrou gevonnis wat renosterstropers help
Written by Mireille on March 20, 2023
‘n Vrou wat in 2019 twee renosterstropers uit die Krugerwildtuin help wegkom het, is Vrydag tot effektief 16 jaar tronkstraf gevonnis.
Thembi Juliegirl Mangane se twee medepligtiges is twee jaar gelede gevonnis na hulle skuldig gepleit het.
Matsinye Joao Sithole en Vasco Tibane moet elk 22 jaar agter tralies deurbring na hulle ‘n renoster vir sy horings gestroop het.
Mangane het hul wegkommotor bestuur.
Sy is verhoor en skuldig bevind aan onder meer renosterstroping in die Skukuza hof.