Die Airlink Pumas het gister in Kimberley geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die Curriebeker te wen.
Hulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen.
Die span is Sondagoggend luidkeels deur ondersteuners terug verwelkom by Mbombela-stadion.
Puntemakers:
Airlink Pumas 26 (18) – Drieë: Devon Williams, Eduan Swart, Willie Engelbrecht. Verdoeling: Eddie Fouche. Strafskoppe: Eddie Fouche (3).
Windhoek Draught Griekwas 19 (9) – Drie: Munier Hartzenberg. Verdoeling: George Whitehead. Strafskoppe: Whitehead (4).
Bekyk die foto’s hier:
Foto’s: Johan Orton