Hillary Gardee-moordbeskuldigdes se saak uitgestel

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Die drie mans wat aangekla word van die ontvoering en moord op Hillary Gardee (28), sal weer volgende maand in die hof verskyn.
Die liggaam van die dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, is einde April langs die Sabie-pad in ‘n plantasie gevind.
Sipho Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Albert Gama staan tereg op aanklagte van moord, verkragting, ontvoering, regsverydeling, sameswering om te moor en onwettige besit van ‘n vuurwapen.
Hulle het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die saak is tot 22 Julie uitgestel vir verdere ondersoek en afhandeling van die klagstaat.
Al drie het aanvanklik hul borgaansoeke laat vaar, maar Mkhatshwa het verlede week daarvoor aansoek gedoen. Die uitspraak word op 7 Julie verwag.