Die polisie in Mpumalanga het vier verdagtes in hegtenis geneem tydens ‘n operasie wat op onwettige mynbou by die Sheba-myn naby Barberton gemik was.
Twee AK-47-gewere, ammunisie en springstof is tydens die operasie Maandag gevind.
Een verdagte is met ‘n geweer gevind, terwyl drie ander by ‘n huis in Emjindini in hegtenis geneem is.
‘n Polisiewoordvoerder, Thulisile Magagula, sê hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Luister:




