‘n Bangladesjiese man wat Donderdag by sy supermark in West Acres, Mbombela, gearresteer is ingevolge die Doeane- en Aksynswet is op borgtog van R3 000 vrygelaat.
Volgens die Mpumalanga Valke is Shahinoor Rahman (45), wat ‘n tydelike asielsoeker is, in besit gevind van bokse onwettige sigarette van verskeie handelsmerke.

Hy kon glo nie ‘n koopbewys of belastingbewys lewer nie.
Hy het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit, verspreiding en verkoop van onwettige sigarette.
Hy moet weer op 2 Desember in die hof verskyn.
Vermeende onwettige sigarethandelaar in West Acres aangekeer, 24 Oktober
‘n Gesamentlike operasie het gister tot die inhegtenisneming van ‘n 45-jarige Bangladesjiese burger gelei by sy supermark in West Acres, Mbombela.
Volgens die Mpumalanga Valke is die man, wat ‘n tydelike asielsoeker is, in besit gevind van bokse onwettige sigarette van verskeie handelsmerke.
Hy kon nie ‘n koopbewys of belastingbewys lewer nie.
Hy sal aangekla word van die besit, verspreiding en verkoop van onwettige sigarette ingevolge die Doeane- en Aksynswet wanneer hy vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.





