Kaapsehoop wildetrop groei na kommer tot agt

Die Kaapsehoop Conservancy was verlede week bekommerd dat ‘n sewe-stuk troppie wildeperde verlore was, maar hulle is veilig opgespoor – met ‘n nuwe vulletjie by. Carli Scheepers gesels met ons. Luister:

Wilde perdetrop van Kaapsehoop word vermis

Die Kaapschehoop Conservancy doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help om sewe perde te vind wat sedert einde van Maart vermis word.  Die hings, drie merries en drie vulletjies is gewoonlik naby die Kaapsehoop Gasteplaas-ingang gewaar, ongeveer 25 km vanaf Nelspruit op pad na Kaapsehoop.  ‘n Beloning van R5,000 word aangebied vir […]

Red Kaapsehoop se wildeperde

Carli Scheepers van die Kaapschehoop Conservancy sê van die 36 wildeperde wat oor is, is slegs 30 tans verantwoord voor. Sy deel dié organisasie se planne om die wildeperd-bevolking te red. Luister hier: Maak hier ‘n bydrae: Kaapschehoop Conservancy, Absa-spaarrekeningnommer 9120619813, takkode 632005.

Kaapsehoop Herdenkingsdag Huldeblyk Saterdag gehou

Kaapsehoop hou Saterdag ‘n Herdenkingsdag huldeblyk ter herinnering aan oorlogsveterane en gesneuwelde soldate. Dit vind plaas by die historiese begraafplaas waar Claudette Currie-Lateray al 13 soldate kon identifiseer. Sy vertel meer oor haar passie vir Kaapsehoop se geskiedenis. Luister weer:  Vind hier meer uit. Stuur ‘n e-pos aan [email protected] as jy vrae of inligting het. […]