Die Kaapsehoop-bewaringsgebied het vandag die geboorte van ‘n nuwe wildeperd-vulletjie aangekondig.
Hy is die naweek gebore en deel van die Kaapsehoop Gasteplaas-trop.

Hy is “Wald” gedoop.
Die wildeperde-bevolking van Kaapsehoop is onder geweldige druk met getalle wat skerp gedaal het deels weens padongelukke, brande en stropery.
Luister hier vir meer: Kaapsehoop-wildeperdetrop groei na kommer
Die bewaringsgroepering het ondersteuners bedank vir hul bydrae om ‘n veilige omgewing te skep en het besoekers aan die area herinner om die wildeperde nie te streel of te voer nie, omdat dit makliker is om hulle te stroop hoe makker hulle is.





