Pumas haal weer Curriebeker halfeind

Die Griekwas sal as gasheer vir die Leeus in Kimberley optree, terwyl die Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom vir die Curriebeker-premierafdeling se halfeindstryde die naweek. Die Griekwas het boaan die punteleer geëindig met 31 punte na hulle die Boland Kavaliers met 48-17 geklop het, terwyl die Cheetahs tweede geëindig het met 27 punte, […]
Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor

Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met ‘n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela die naweek. Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê sy span se lynstane en verdediging was deurslaggewend. Luister: Die Pumas se volgende kragmeting is […]
Tyd vir introspeksie na Pumas se tweede Curriebeker-nederlaag

Die Leeus het die Airlink Pumas met 52-29 op Ellis Park oorrompel in die tweede ronde van die Curriebeker-premierafdeling die naweek. Afrigter Ruwellyn Isbell en spanbestuurder Sam Sikiwe sê vir Sonop Ontbyt individuele foute wat die span drie geelkaarte besorg het, het hulle bes moontlik die wedstryd gekos. Luister:
Hier kom die Pumas vir die Curriebeker

Die Airlink Pumas begin oor ‘n raps meer as drie weke hul deelname aan die premierafdeling van die Curriebeker. Die SA Beker-titelhouers se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:
Pumas struikel oor laaste hekkie in Curriebeker

Die Leeus, Griekwas, Cheetahs en Boland Kavaliers is deur na die halfeindronde van die Curriebeker met die Airlink Pumas wat vyfde op die punteleer geëindig het. Die Bulle het Saterdagaand ‘n geesdriftige terugvegpoging teen die Cheetahs afgeweer om met 35-31 in Pretoria te wen. In Kaapstad het die WP uiteindelik hul eerste oorwinning van die […]
Curriebeker: Haaie die finale hekkie vir Pumas

Die Pumas bly in die stryd vir die uitspeelrondes voor Vrydagaand se wedstryd teen die Haaie.
Pumas kan top vier betree met sege oor WP

Die DHL WP en Airlink Pumas speel Saterdag by die DHL-stadion in Kaapstad om 19:20.
Pumas wil klein dinge reg doen teen Boland

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Pumas speel die naweek weg teen Cheetahs

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Curriebeker skop af in Mbombela met Pumas teen Griekwas

Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand af wanneer die Pumas die Griekwas op Mbombela-stadion verwelkom om 19:00. Môremiddag speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en Westelike Provinsie kom op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag in Wellington tussen Boland en die […]