Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor

Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met ‘n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela die naweek.

Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer.

Hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê sy span se lynstane en verdediging was deurslaggewend.

Luister:

Die Pumas se volgende kragmeting is Vrydag 15:00 teen die Griekwas by Mbombela-stadion.