Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het op 1 Julie in agt munisipale gebiede begin met die implementering van die Aarto-wetgewing. Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is. Met […]

Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor

Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met ‘n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela die naweek. Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê sy span se lynstane en verdediging was deurslaggewend. Luister: Die Pumas se volgende kragmeting is […]