Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het op 1 Julie in agt munisipale gebiede begin met die implementering van die Aarto-wetgewing.

Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is.

Met die implementering sal boetes aan motoriste slegs ingevolge Aarto uitgereik word.

Volgens die departement sal bestuurders wat boetes nie binne die voorgeskrewe tydperk betaal nie, nie toegelaat word om bestuurderslisensies, motorlisensies, of enige nuwe voertuie te registreer nie.

Luister hier: