Pumas haal weer Curriebeker halfeind

Die Griekwas sal as gasheer vir die Leeus in Kimberley optree, terwyl die Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom vir die Curriebeker-premierafdeling se halfeindstryde die naweek.

Die Griekwas het boaan die punteleer geëindig met 31 punte na hulle die Boland Kavaliers met 48-17 geklop het, terwyl die Cheetahs tweede geëindig het met 27 punte, ten spyte van ‘n nederlaag van 52-26 teen die Pumas, wat derde geëindig het met 22 punte.

Die Leeus het die vierde plek verseker met ‘n oorwinning van 36-12 oor die Stormers-23.

Die halfeindstryde word Sondag beslis.

Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt.

Luister hier:

Foto: Kaptured Concepts