Die liggaam van Zenande Chiloane (21) is uit die Krokodilrivier buite Mbombela gebring.
Hy was een van drie jongmense in ’n voertuig wat verlede Sondag in die rivier beland het.
Die sportnutsvoertuig en die liggame van die twee ander insittendes, Vigo Godfrey (20) en Tintswalo Khoza (20), is dieselfde dag gevind.
Die Mpumalanga polisie sê Chiloane se liggaam is gister na ‘n soektog van nege dae sowat 3 km stroomaf van die ongelukstoneel gevind.
Hy is positief deur sy familie uitgeken.
Die ondersoek na ‘n saak van strafbare mansslag duur voort.



