Jong stoeier op pad na Egipte

Jaden Deysel is ingesluit in die Afrikatoer-span in die Grieks-Romeinse stoeistyl wat in April in Egipte gaan deelneem. Luister hier:

SA Beker begin die naweek

Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:

Vier op pad na Expedition Africa Back to the Berg

Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer. Luister weer:

Stonehouse 10’s eerdaags terwyl Pumas opwarm vir seisoen

Die jaarlikse Stonehouse 10’s vind op 21 Maart plaas. Die Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, kuier saam met Marius van Rensburg en Chumani Booi by Sonop Ontbyt voor hul vriendskaplike wegwedstryd teen die Luiperds Saterdag terwyl die verdedigende kampioene opwarm vir die SA Beker wat eersdaags begin. Luister weer:

Interlaer Saterdag deur Bergland aangebied

Laerskool Bergland is vanjaar die gashere van die Laeveld Interlaer. Dit vind Saterdag by Hoërskool Nelspruit se sportgronde plaas. Jana Schlechter en Nicholeen Smit deel al die besonderhede met Sonop Ontbyt. Luister weer:

Pumas gerat vir SA Beker

Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af wanneer die SA Beker op 6 Maart begin. Die verdedigende kampioene se Chumani Booi en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle is gereed om hul titel van 2025 te verdedig. Luister weer:

Laevelder blink uit in ‘barrel racing’

Meghan Wallace-Nagel is op pad na Suid Dakota in die VSA vir ‘n “barrel racing”-kompetisie. Sy gesels met die Middag Game Drive saam met haar “momager” Franci Wallace. Luister:

Inskrywings vir Elands-marathon sluit 11 Februarie

Hardlopers wat hul Comrades- en Two Oceans-drome in 2026 najaag, sal hul fokus op Mpumalanga vestig wanneer die TRAC N4 Elands-marathon op 28 Februarie plaasvind. Die marathon word beskou as die vinnigste Comrades-kwalifiseerder in die provinsie. Sedert sy terugkeer in 2022 het die wedloop ‘n sterk reputasie opgebou as ‘n moet-hardloop-byeenkoms wat atlete ‘n seldsame […]

Internasionale tennis op pad na Mbombela in 2026

Suid-Afrika sal in 2026 14 weke van die Internasionale Tennisfederasie se Wêreld Tennistoer-toernooie aanbied. Twee weke daarvan is die eerste Mbombela Ope Wêreldreeks wat in April begin. Tennis Suid-Afrika sê die uitgebreide kalender bied aan Suid-Afrikaanse spelers die geleentheid om tuis deel te neem, waardevolle punteleer punte te verdien en noodsaaklike internasionale ervaring op te […]