Penryn-doelwagter skitter en haal nasionale span

Die Laeveldse sportgemeenskap vier ‘n belangrike mylpaal met Ulrich Reingrubber, Penryn College se uitmuntende doelwagter, wat gekies is om Suid-Afrika by die komende Jeug-Afrika-beker in Nairobi, Kenia, van 6 tot 8 Augustus te verteenwoordig. Hy het die ateljee saam met die uitvoerende hoof, Mike Eisen, besoek in die aanloop tot die skool se opedag môre. […]

Mozzieweek volgende week aangebied

Hoërskool Nelspruit bied volgende week die 14de keer hul jaarlikse Mozzieweek aan wat topklas krieket na die Laeveld lok. Morné van der Merwe vertel meer. Luister weer:

SA onderwysers brand uit

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is ‘n krisis met tot soveel as 70% van opvoeders wat dit na berigte ervaar, en byna 50% wat die beroep binne hul eerste vier jaar verlaat. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings. Luister hier:

Danie Rossouw-uitsoekspan op pad na Europa

Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton gesels met die Middag Game Drive. Luister:

Laerskool Laeveld bring Big Bounce na die Laeveld

Laerskool Laeveld bied op 25 Maart die tiende keer hul jaarlikse Colour Run aan en hierdie keer saam met ‘n Big Bounce. Anzel Beatie en Cornelia Janse van Rensburg gesels met die Middag Game Drive. Luister:

Afritasties: ‘Ek kan lees’

Hoërskool Bergvlam is die enigste ATKV-jeugtak in die Laeveld. Anseri Pool van Afritasties vertel meer oor die “Ek kan lees”-projek. Luister weer: Sien meer: