Finale stemmery open vir Skryf’it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem ‘n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie Geraas in die FAK Skryf’it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. Luister weer hier: SMS “AD1 + jou naam” na 45730 en besoek skryfit.co.za om na die akoestiese weergawe saam met sy ghoeroe Ampie du […]

Dis lente: Plant nou dít in jou groentetuin

Elzabé de Bruyn, die organiese groentetuinkenner, was Saterdag weer by Charles in die Saterdag Ontbyt-ateljee om te vertel wat plant ons nou dat dit lente is en hoe om die grond daarvoor voor te berei. Luister weer:

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar ‘n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van “Omarm”. Luister weer: Kontakbesonderhede vir meer inligting en kaartjies is [email protected] of 082-927-7320.

El Niño en malaria die somer: Wat jy moet weet

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met ‘n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou. Luister hier:

Tommy Dell-backabuddy

Die countrylegende Tommy Dell (84) bly in ‘n kritieke toestand in Mediclinic Nelspruit na ‘n motorongeluk Saterdagaand. Die botsing het die lewens van sy agent, Mara van der Bergh, en haar assistent Samantha Fuller, geëis. Lees meer: Huldeblyke na ongeluk musiekagent en assistent eis Volgens Bok Radio, waar Dell ‘n omroeper is, is sy totale […]

Jabberwock gerat vir Wêreldkampioenskap

Die Laeveldse Adventure Race-span Jabberwock is op pad na die Adventure Racing Wêreldkampioenskap wat vanjaar in Corsica, Frankryk plaasvind vanaf 27 September. Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell en DeWaal Visser is die spanlede. Luister weer: