Brande kom nog, maan Lefpa

André Scheepers van Lefpa sê grondeienaars moenie dat die onlangse reën hulle houtgerus maak oor brande nie. Luister:

Nuwe wildeperd-vulletjie in Kaapsehoop verwelkom

Die Kaapsehoop-bewaringsgebied het vandag die geboorte van ‘n nuwe wildeperd-vulletjie aangekondig. Hy is die naweek gebore en deel van die Kaapsehoop Gasteplaas-trop. Hy is “Wald” gedoop. Die wildeperde-bevolking van Kaapsehoop is onder geweldige druk met getalle wat skerp gedaal het deels weens padongelukke, brande en stropery. Luister hier vir meer: Kaapsehoop-wildeperdetrop groei na kommer Die […]

Armdruk ondergaan omwenteling

Nelspruit het weer die voorreg om die Nasionale Armdruk Kampioenskappe aan te bied op 8 en 9 Augustus. Yorinda Nel van die SA Armdrukfederasie vertel vir Sonop Ontbyt van onlangse verwikkelinge in dié sport. Luister weer:

Ruan Raath-gholfdag Vrydag gehou

Die gemeenskap het gereageer om Ruan Raath (36) te ondersteun na sy skaars kankerdiagnose. Sy suster, Chané Jacobs, en Systeco-kollega Jonathan Eastes gesels oor die gholfdag wat hulle Vrydag hou vir die mediese onkostes. Luister weer: Kontak Eastes by 072-987-2388 om betrokke te raak of ondersteun die BackaBuddy-veldtog hier: Help us Fight Alongside Ruan to […]

Tweelingbroers maak Uplands báie trots

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy ‘n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur vir die SA Skole-A-span gekies […]