Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hulle in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik ‘n jaarlikse instelling sal word. Luister:
Kom wys jou spoed by Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe ‘n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Reiskliniek by Intercare Mbombela help jou voorberei

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Plaaslike armdrukker hou aan seëvier

Janco Kok het in April sy armdruktitel by die Afrika-kampioenskappe in Ghana verdedig en weereens eerste plek in beide arms behaal. In Augustus het hy ook sy nasionale titel by die Nasionale Kampioenskappe suksesvol verdedig met nog ’n eerste plek in die Jeug-afdeling. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Gesoek! Beste nuwe Laeveld-musiekgroep

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met ‘n “Battle of the Bands”-kompetisie. Ettienne Coetzee en Werner Botha verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive. Luister hier: Laai jou video in die gesprek-seksie hier op om in te skryf.
Word jy billik behandel deur jou makelaar of versekeraar?

Die onderhoud is deur die kliënt betaal.
Vier kultuur met Innibos Boekenaweek

Die vierde Innibos Boekenaweek vind aan die einde van die maand in Kaapsehoop plaas. Annemarie van der Walt gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Luilekker Sondag: Annemarie Hitge

Die plaaslike sangeres Annemarie Hitge was eergister Anne se gas in die ateljee tydens Luilekker Sondag. Luister:
Wat hou El Niño die somer in vir jou tuin?

Elzabé de Bruyn, die organiese groentetuinkenner, het met Saterdag Ontbyt gesels oor peste in die tuin en wat ons hierdie somer van El Niño kan verwag. Luister:
Glam Guru deel raad vir vrouevelle en manshare

Die Glam Guru Hannon kuier in die Laeveld. Hy het Anne se velsorgvrae beantwoord. Luister weer: