Songs of Praise beloof topgehalte met plaaslike talent

Die Hervormde Kerk Nelspruit bied sedert 2001 Songs of Praise aan en Richard Cock, een van Suid-Afrika se bekendste en mees gerespekteerde dirigente en koorleiers, is deel daarvan sowel as die Mpumalanga Universiteitskoor, plaaslike gemeenskapskoor, Laudate, die Laerskool Laeveldkoor en die Laeveld Jeug. Tobias Kruger en die dirigent van die gemeenskapsorkes, Lizanne Barnard, gesels met […]
Luilekker Sondag: Pieter Rischmuller

Die plaaslike musikant Pieter Rischmuller was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag. Luister hier:
Nelspruit tenniskampioene op pad na Sun City

Mias Bezuidenhout en Wernich Rossouw is van die spanlede van Nelspruit Tennisklub wat onlangs as provinsiale kampioene gekroon is en nou op pad is na die American Express Nasionale Klubkampioenskappe-finaal in Sun City. Hulle gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:
SolarFlair wapper weer Laeveldse vlag by Sasol Solar Challenge

SolarFlair, ‘n plaaslike span, is weer op pad om aan die Sasol Solar Challenge deel te neem. Klasie Botha en Craig Gebhardt gesels met Sonop Ontbyt oor hul passie vir elektriese voertuie. Luister hier:
911 Riders hou Saterdag Riddle Ride

Die 911 Riders-motorfietsklub bied Saterdag hul jaarlikse Riddle Ride aan. Nandi de Witt gesels met die Middag Game Drive. Luister hier:
Besige slangseisoen vir Laeveld verwag weens uiterste hitte

Die somer beloof om uitermatig warm te wees weens die El Niño effek. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers het met Saterdag Ontbyt gesels oor wat jy kan doen om jouself te beveilig teen giftige slange wat moontlik skuiling sal probeer vind in koeler plekke soos in jou huis of tuin. Luister:
Stem vir Coenie in volgende ronde van Skryf’it

Stemme is oop vir die volgende ronde van die FAK Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Ons eie rocker, klankman en omroeper Coenie Naudé het jou stem nodig om na die Top 5 deur te dring met “Geraas”. Jy kan twee keer stem: een keer met jou selfoonnommer (SMS AD1 na 45730) én een keer met jou e-pos-adres aanlyn. Luister […]
Ondersteun Loslitdag vir mense met gestremdhede

Vanjaar is Vrydag 4 September Loslitdag. Dominique Vogel van die Mpumalanga Association of & for Persons with Disabilities (APD) vertel hoe jy mense met gestremdhede kan ondersteun op dié dag. Luister:
Boere speel gholf vir landelike veiligheid

Die Sterkspruit-boeregemeenskap het ‘n oorspronklike tipe gholfdag bedink om fondse in te samel ten bate van hul gemeenskap. Andrew Dunn en Henry de Pradines vertel meer. Luister hier:
Veiligheid begin voor iets verkeerd loop

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.