Pumas skuif op na tweede op SA Beker-punteleer na hulle Bulldogs looi

Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met ‘n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion buite Oos-Londen Saterdag. Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings. Hulle word gevolg […]

Mahindra 3XO beïndruk die manne

Q, Gerhardt en Coenie het Vrydag en Saterdag met ‘n Mahindra 3XO die jaarlikse Klankgolf-konferensie in Pretoria bygewoon. Hein le Roux van Mahindra Nelspruit wat die voertuig spesiaal vir ons beskikbaar gestel het, gesels met Coenie oor hoekom dié voertuig verlede jaar die SA Kar van die Jaar was. Luister:

Voed jou groentetuin organies

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, het tydens Saterdag Ontbyt met Charles gesels oor voeding vir groentetuine en waarom organies beter werk. Luister hier:  

Registreer as stamselskenker

Robin en Jolandie Lewis van Numinous Expeditions is tydelik terug van hul reis deur Suider Afrika om in die Laeveld ‘n stemselskenker-veldtog te loods. Hulle mik vir 300 mense. Luister weer: Kontak Lewis by [email protected] of via WhatsApp op 083-414-1191.

CMDA skort bedrywighede op

Die Raad van die Casterbridge Music Development Academy (CMDA) het alle bedrywighede van vandag af opgeskort weens finansiële druk. Die fokus verskuif nou na intensiewe fondsinsameling en hulpbronmobilisering om die nodige befondsing te verseker om bedrywighede te hervat. Thapelo Lekwane sê die brand wat hul hoofkwartier in Witrivier en instrumente in November beskadig het, het […]