Fees loods VIBE Innibos

Innibos loods vanjaar ‘n nuwe projek gemik op hoërskoolleerders met ‘n belangstelling in die skeppende kunste. Steven Schamrel is die projekbestuurder van VIBE Innibos, ‘n simposium en ekspo vol werkswinkels gefokus op teater, visuele kuns, musiek en dans. Luister hier: Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir meer.
Eet jouself gesond met dié groente

Die organiese groentetuin-kenner, Elzabé de Bruyn, verduidelik aan Saterdag Ontbyt die voedingswaarde van verskillende groentesoorte en waarvoor elke kleur medisinaal geëet kan word. Luister:
Kom skenk by Green Zone Energy en wen

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
AmberMacs Ekspo: Ganse bedryf gebou op samewerking

AmberMacs se Philip Moufarrige verduidelik vir Laeveld Brunch hoe die hele makadamia-bedryf een gemeenskap is wat onderling op mekaar staatmaak. Luister:
Dawie Roodt: Die ANC móét gaan vir ekonomiese groei

Die ekonoom Dawie Roodt was gister ‘n gasspreker by die AmberMac Makadamia Ekspo. Hy sê landbou is ‘n hoogs tegnologiese bedryf wat al hoe meer deel raak van die dienstebedryf, die grootste ekonomiese drywer in die land. “Ons moet ontslae raak van die deskruktiewe ANC om die ekonomie te groei,” voeg hy by. Luister weer:
Groot skenking vir Ereveldwagters verwelkom

Die Graskop Gorge Lift het R100,000 aan die SANParke Ereveldwagters geskenk om hulle te sterk in hul taak om die Krugerwildtuin na onlangse verwoestende oorstromings te ondersteun. Luister:
AmberMacs-ekspo die week aangebied

Die onderhoud is deur die kliënt betaal.
Laevelder blink uit in ‘barrel racing’

Meghan Wallace-Nagel is op pad na Suid Dakota in die VSA vir ‘n “barrel racing”-kompetisie. Sy gesels met die Middag Game Drive saam met haar “momager” Franci Wallace. Luister:
Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy ‘n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti. Aangesien hy nie regtig ‘n rekord kon opspoor om te breek nie, gaan hy een opstel. Almal is genooi om te kom saam eet. Luister weer:
Motorfietsryers rev dit vanjaar vir klein Caleb

Pediatric Care Africa se Ride for a Child vind vanjaar die sewende keer plaas. Volgens dr. André Hattingh het hulle besluit om vanjaar daarop te fokus om een spesifieke kind te help: Die sewe-maande oue Caleb van Wyk van Nelspruit, wat ‘n baie seldsame breintoestand het en ‘n duur operasie benodig. Hattingh sê hulle het […]