Kaptein vertel van gewaagde krokodilvangs in Komatirivier

Kapt. Pottie Potgieter, koördineerder van die polisie se duikeenheid in Mpumalanga, het ‘n baie gewaagde operasie uitgevoer om ‘n krokodil uit die Komatirivier op te hys na ‘n sakeman, Gabriel Batista, vermis geraak het. Hy vertel wat gebeur het. Luister weer: Kyk die video:
‘Pampelmoesmampoer’ bied eiesoortige teaterervaring

Pampelmoesmampoer is ‘n eiesoortige produksie wat vanjaar by Innibos te beleef is. Sonop Ontbyt gesels met Matie van Graan. Luister:
Local is lekker en IN by Innibos

Op 8 Mei bied Innibos ‘n skattejag en “local is lekker”-spesiale aanbieding vir feesterreinkaartjies by i’langa Mall vanaf 12:00 tot 16:00. Verkope van produksiekaartjies open ook vandag! Naranda Leeuwner deel die besonderhede met Sonop Ontbyt. Luister:
Neuroloog deel persoonlike reis met neurodiverse dogter
Dr. Tracy Mmako is ‘n neuroloog wat eersdaags ‘n boek publiseer oor haar reis met haar dogter se outisme, Unspoken yet remembered. Sy het ook die Dr. MT Mmako-Mkhonza Foundation gestig om gesinne met neurodiverse kinders te ondersteun. Luister hier:
VIBE Innibos bekendgestel

VIBE Innibos se meesterklas-program is gisteraand amptelik bekendgestel. Dié driedag intensiewe jeugkunstesimposium en -ekspo is in samewerking met die Innibos Nasionale Kunstefees op die been gebring. Die program sluit meestersklasse wat aangebied word deur 28 verskillende kenners in teater, dans, kuns en musiek in. Steven Schamrel, die projekkoördineerder van VIBE Innibos, sê dit maak die […]
Securicon: Hoe om ‘n krisis te hanteer

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Skater saam met ‘Sirkus l’amour’ by Innibos

Wynand van Vollenstee is tydens die komende Innibos te sien in die komedie Sirkus l’amour en die alewige getoer. Hy deel sy sirkustoertjies met Sonop Ontbyt. Luister hier:
‘n CoC is noodsaaklik vir jou eiendom

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Middelmisbruik en misdaad: ‘Daar is ‘n duidelike korrelasie’
Daar is ‘n duidelike korrelasie tussen misdaad en dwelmmisbruik, sê Healing Wings se Nelson Mahamba. Hy wei uit oor die impak wat dwelms op mense se gedrag het. Luister hier: Kontak Healing Wings by 072-140-6081.
Calvary Christian School is 40 jaar oud

Calvary Christian School vier eersdaags sy 40ste bestaansjaar. Die skoolhoof, past. Pierre Eloff, gesels saam met past. Steve Maritz en sy vrou Mercia Maritz met Laeveld Brunch oor hoe hulle dit vier. Luister hier: