Polisie soek pangabende na nag van terreur buite Komatipoort
Die Mpumalanga polisie sê hulle is op soek na ‘n groep van vyf mans wat met pangas gewapen is en na vermoede Sondagaand ‘n vrou seksueel aangerand en ‘n sekerheidswag op ‘n plaas buite Komatipoort vermoor het. ‘n Polisiewoordvoerder, Jabu Ndubane, sê in die eerste voorval het ‘n minibus-taxi om ongeveer 20:00 die aand by […]
Pumas derde op Curriebeker-punteleer voor finale ronde

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die Boland Kavaliers met 16. Daar […]
Penryn bied e-sport aan

Die onderhoud is deur die kliënt betaal.
Moenie nou brand nie! sê Lefpa

Die onderhoud is deur die kliënt betaal.
Kom wys jou spoed by Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe ‘n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Reiskliniek by Intercare Mbombela help jou voorberei

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Pasop vir “visvangers”
Callum MacPherson van Securicon verduidelik die bekende “visvang”-metode wat diewe inspan om jou deur ‘n oop venster van jou eiendom te ontneem. Luister hier:
Plaaslike armdrukker hou aan seëvier

Janco Kok het in April sy armdruktitel by die Afrika-kampioenskappe in Ghana verdedig en weereens eerste plek in beide arms behaal. In Augustus het hy ook sy nasionale titel by die Nasionale Kampioenskappe suksesvol verdedig met nog ’n eerste plek in die Jeug-afdeling. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Gesoek! Beste nuwe Laeveld-musiekgroep

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met ‘n “Battle of the Bands”-kompetisie. Ettienne Coetzee en Werner Botha verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive. Luister hier: Laai jou video in die gesprek-seksie hier op om in te skryf.
Beloning uitgeloof vir gesoekte vermeende moordenaar

Die polisie in Mpumalanga het ‘n beloning van R100,000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van een van die mees gesoekte vermeende moordenaars in die Calcutta-area. Phumulani Ezekiel Matsane (foto) word gesoek i.v.m. die skietdood van twee mans by ‘n taverne in Marite op 15 Mei 2023. Die polisie waarsku […]