TRAC tref voorsorg teen pandemie
Written by 100.5FM Nuus on April 3, 2020
TRAC het streng maatreëls ingestel by hul tolhekke om padgebruikers en werknemers te beskerm.
Kommunikasiebestuurder Solange Soares sê dat alle Suid-Afrikaners deur die 21-dag inperking geraak word.
As ‘n essensiële diens is alle personeel by tolplazas op die N4 in higiëne en Covid-19-protokol opgelei.
Slegs kernpersoneel werk en net die e-Tag-hek en een ander baan is in elke rigting in werking.
Hand- en oppervlak saniteerders is by alle tolhekke en in plaza geboue opgerig.
Selfs termometers is in plek om elke werknemer se temperatuur te neem voor hulle hul skofte begin werk.