Tiener gearresteer weens vermeende moord op huishulp in Barberton

’n Veertienjarige seun is gearresteer na hy na bewering ’n 51-jarige huishoudelike werker op ’n plaas in Barberton doodgeskiet het.

Volgens die Mpumalanga polisie het die slagoffer in ’n buitekamer geslaap toe die tiener aan haar deur geklop en haar geskiet het na sy dit oopgemaak het.

Die seun is ingevolge die Wet op Kinderjustisie in die sorg van sy ouers vrygelaat.

’n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die vuurwapen is gekonfiskeer, terwyl sy oom ’n afsonderlike aanklag van die nalatige hantering van ’n vuurwapen in die gesig staar.

Luister:

’n Veertienjarige seun is gearresteer na hy na bewering ’n 51-jarige huishulp in Barberton doodgeskiet het.