Veldwagter en veearts 10 jaar tronkstraf opgelê vir renosterstropery in Krugerwildtuin

Die voormalige Krugerwildtuin-streekbewaarder, Rodney Landela, en die voormalige staatsveeartstegnikus, Kenneth Mochocho, is elk tot 10 jaar tronkstraf gevonnis op stropingsverwante aanklagte. 

Hulle is tien jaar na hul arrestasie deur die Skukuza-streekhof skuldig bevind op aanklagte van die onwettige jag van ‘n witrenoster in ‘n beskermde gebied sowel as die besit van ‘n vuurwapen met die doel om ‘n misdaad te pleeg.  

Lees meer: SANParke verwelkom skuldigbevinding in dekade lange renosterstropery saak

Die saak dateer uit 2016, toe veldwagters ’n pas doodgemaakte renoster ontdek het waarvan die horing verwyder is. DNS-, ballistiese en opsporingsgetuienis het die twee mans met die misdaad verbind. 

Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê albei mans is ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit. 

Luister: