Die countrylegende Tommy Dell (84) bly in ‘n kritieke toestand in Mediclinic Nelspruit na ‘n motorongeluk Saterdagaand.
Die botsing het die lewens van sy agent, Mara van der Bergh, en haar assistent Samantha Fuller, geëis.
Lees meer: Huldeblyke na ongeluk musiekagent en assistent eis
Volgens Bok Radio, waar Dell ‘n omroeper is, is sy totale hospitaalplan se fondse opgebruik, maar hy is nog nie sterk genoeg om na ‘n ander hospitaal oorgeplaas te word nie.
Dit kos na raming tussen R80,000 en R100,000 per dag om vir hom die nodige sorg te gee.
“Ons wil kyk om hom ten minste 10 dae nog daar te hou, sodat ons hom genoegsaam tyd kan gee om te herstel,” sê die stasie.
‘n BackaBuddy-veldtog is daarvoor van stapel gestuur.
Ondersteun dit hier: https://www.backabuddy.co.za/campaign/tommy-dell
Die stasie skryf: “Dell is so ‘n positiewe, liefdevolle mens wat enigiets vir sy medemens sal doen en hy het al soveel mense geraak met sy musiek en net sy menswens, dat ons glo ons kan die doelwit bereik wat ons nodig het.
“In die 15+ Jaar van Bok Radio se bestaan het ons nog nooit so iets gevra nie, maar hierdie is ‘n buitengewone situasie, so ons glo jy sal dit verstaan.”





