SANParke ondersoek die oorsaak van ‘n brand wat laat Saterdag by ‘n pakhuis in Skukuza, in die Krugerwildtuin, uitgebreek het.
Daar was geen onmiddellike risiko vir gaste of kern-bedryfsfasiliteite nie, aangesien dit ‘n aansienlike afstand van alle toerisme-akkommodasie en administratiewe kantore geleë is.
SANParke sê die pakhuis het kritieke infrastruktuurkomponente gehuisves, wat ‘n korttermyn-invloed op sekere instandhoudingswerksaamhede in die wildtuin kan hê.





