Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die eerste Curriebeker-kragmeting by Mbombela-stadion getroef.

Die oorwinning het die Haaie vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt.

Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel.

Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, gesels met Sonop Ontbyt.

Luister weer: