Brand verwoes pakhuis in Krugerwildtuin

SANParke ondersoek die oorsaak van ‘n brand wat laat Saterdag by ‘n pakhuis in Skukuza, in die Krugerwildtuin, uitgebreek het. Daar was geen onmiddellike risiko vir gaste of kern-bedryfsfasiliteite nie, aangesien dit ‘n aansienlike afstand van alle toerisme-akkommodasie en administratiewe kantore geleë is. SANParke sê die pakhuis het kritieke infrastruktuurkomponente gehuisves, wat ‘n korttermyn-invloed op […]
Twee ongelukke eis agt lewens

‘n Ondersoek is geloods na ‘n botsing waarin vier mense Saterdagoggend op die R577 tussen Roossenekal en Mashishing gesterf het. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid is een persoon beseer. Daar word vermoed dat die bestuurder van die Volkswagen beheer verloor het, waarna die voertuig omgeslaan het. Die vier oorledenes sluit in die bestuurder en […]
Luilekker Sondag: Jacques Lombard

Jacques Lombard is ‘n bekende gesig in die Laeveld en hy onlangs ‘n nuwe nering by sy lang lys aktiwiteite gevoeg: Dié van kunstenaar. Hy gesels met Luilekker Sondag. Luister weer:
Laeveldse atleet op pad na Pro Hyrox-kompetisie

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit ‘n Olimpiese sport word. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier: