Lenacapavir in Mpumalanga bekendgestel

Die MIV-voorkomende inspuitbare medisyne, Lenacapavir, is vandag amptelik in Secunda bekendgestel.

Die nuwe langwerkende antiretrovirale middel word twee keer per jaar per inspuiting toegedien en elke dosis bied ses maande lank beskerming.

Die word beskou as baanbrekende MIV-voorkomingsmedikasie wat ‘n bepalende oomblik in die land se openbare gesondheidsreis aandui en Mpumalanga aan die voorpunt van ‘n groot vooruitgang in MIV-voorkoming plaas. 

President Cyril Ramaphosa het gesê die inentingsveldtog bied hernude hoop om nuwe infeksies landwyd te verminder.

Luister:

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê toestemming is ontvang vir ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy om dit ook plaaslik te mag vervaardig.

Luister: 

Vroeër vanoggend het Mpumalanga hierdie nasionale bekendstelling gelei met die eerste toediening van Lenacapavir ooit, gegee aan die 21-jarige Jane Mndebele van Embalenhle.  

Volgens die presidensie beklemtoon die feit dat Mpumalanga die eerste provinsie is wat beide Lenacapavir ontvang en toedien, die belangrikheid van die bekendstelling.