Lenacapavir in Mpumalanga bekendgestel

Die MIV-voorkomende inspuitbare medisyne, Lenacapavir, is vandag amptelik in Secunda bekendgestel. Die nuwe langwerkende antiretrovirale middel word twee keer per jaar per inspuiting toegedien en elke dosis bied ses maande lank beskerming. Die word beskou as baanbrekende MIV-voorkomingsmedikasie wat ‘n bepalende oomblik in die land se openbare gesondheidsreis aandui en Mpumalanga aan die voorpunt van […]

Twee vas weens onwettige sigarette

Twee buitelandse burgers is vanoggend gearresteer weens onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van bykans R2 miljoen. Volgens die Valke was dit ‘n langdurige toesigsoperasie na inligting ontvang is rakende onwettige aktiwiteite by ‘n bergingsfasiliteit in Witrivier. Die polisie het ‘n lasbrief vir die fasiliteit verkry en gewag vir die gepaste oomblik om op te […]

Viering van Afrikaans eersdaags ook in Kaapsehoop

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het die bekende tenoor, Coert Grobbelaar, as hul Taalaktivis van die Jaar aangewys sy bedrae tot die bevordering van Afrikaans in 2025 toe Afrikaans 100 jaar herdenk het as amptelike taal en 150 jaar as nie-amptelik. Die Afrikaanse viering duur egter voort en op 27 Junie bied hulle […]

Polisie red twee ontvoeringslagoffers, arresteer drie verdagtes in Kabokweni

Twee ontvoeringsslagoffers is gister tydens ‘n multidissiplinêre operasie deur die Mpumalanga teenkaping-taakspan en ‘n private sekuriteitsmaatskappy in Kabokweni gered. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die slagoffers se gekaapte voertuig is ook teruggevind. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Mpho Nonyane-Mpe, het hulle die verdagtes na ‘n huis in Manyeveni opgespoor. Hulle het die manlike slagoffer glo gedwing […]

Safari Gids van die Jaar vier 15 jaar

Safari Gids van die Jaar is hierdie jaar 15 jaar oud. Die 2026 kompetisie vind plaas 18 tot 24 Junie. Vyf finaliste is reeds gekies en die finale sal in die Groter Kruger wees. Mike Karantonis, die stigter en ‘n beoordelaar, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier: