Polisieduikers het vanoggend na ‘n derde liggaam begin soek na die liggame van twee jongmense gister uit die Krokodilrivier naby Kamagugu buite Nelspruit herwin is.
Die 20-jarige man is deur sy naasbestaandes uitgeken.
Die vroulike slagoffer is na raming tussen 18 en 23 jaar oud. Hul liggame was in die sportnutsvoertuig waarin hulle gereis het vasgekeer.
Volgens die polisie woordvoerder, Jabu Ndubane, het hulle op die toneel inligting ontvang dat daar moontlik ‘n derde slagoffer in die voertuig was. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Luister:




