‘n Gesamentlike operasie het gister tot die inhegtenisneming van ‘n 45-jarige Bangladesjiese burger gelei by sy supermark in West Acres, Mbombela.
Volgens die Mpumalanga Valke is die man, wat ‘n tydelike asielsoeker is, in besit gevind van bokse onwettige sigarette van verskeie handelsmerke.
Hy kon nie ‘n koopbewys of belastingbewys lewer nie.
Hy sal aangekla word van die besit, verspreiding en verkoop van onwettige sigarette ingevolge die Doeane- en Aksynswet wanneer hy vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.





