Die Department van Bosbou, Visserye en die Omgewing het bevestig dat geen naamsverandering vir die Nasionale Krugerwildtuin gemagtig is nie.
Die amptelike naam bly onveranderd kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede.
Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê daar is geen planne of versoeke om die reservaat se naam te verander nie.
Sy waarsku teen die verspreiding van waninligting en dring aan dat die publiek op amptelike regeringsbronne moet staatmaak vir akkurate inligting.
Luister:
Vind meer uit: EFF wil Krugerwildtuin se naam verander