Vier Limpopo-polisiebeamptes in Lydenburg aangekeer weens huisroof

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.

Drie manlike en een vroulike polisielid verbonde aan verskeie eenhede in Limpopo is vroeg vanoggend saam met ‘n burgerlike man in hegtenis geneem i.v.m. ‘n huisroof in Lydenburg gisteraand.

Daar word beweer dat die slagoffers, Ethiopiese burgers, geslaap het toe hulle deur gewapende verdagtes aangeval is.

Verskeie bokse met onwettige sigarette en kontant is geroof.

Tydens die inhegtenisneming is sigarette ter waarde van R1,5 miljoen R950 000 in kontant, sowel as ‘n gemerkte polisie-Golf en ‘n bakkie gekonfiskeer.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, is drie vuurwapens in die polisievoertuig gevind. 

Luister:

Al vyf verdagtes sal Maandag in die Mashishing-landdroshof verskyn. 

Kyk