100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS groet hoof Johan Hattingh

Written by on March 27, 2025

Hoërskool Nelspruit (NHS) het Saterdag tydens ‘n baie spesiale funksie die merkwaardige loopbaan van die aftredende hoof, Johan Hattingh, saam met vriende, familie en personeel gevier.

Hattingh het in 1986 by NHS begin werk en was sedert 2018 die skoolhoof.

Tydens hierdie bykans 40 jaar was hy nou betrokke by wiskunde, sport en die personeel.

Die beheerliggaam se voorsitter, Louise Snyman, het namens die BL gepraat, en oud-skoolhoof dr. Louis Swanepoel het namens die gemeenskap ‘n huldeblyk gelewer.

’n Oud-Nellie en gaskunstenaar, Natascha C, het die gehoor bederf met spesiale en geliefde liedjies.

’n Baie emosionele oomblik was toe  Hattingh se oudste dogter, Jana, uit Australië ingebel het en op die groot skerm ook ‘n spesiale boodskap – soos haar jonger sussie net voor haar – met haar pa gedeel het.

Die laaste spreukbeurt het aan Hattingh self behoort, waar hy hoogtepunte uit sy loopbaan gedeel en afskeid geneem het.

Die aand is afgesluit met ’n pragtige weergawe van Seënbede, gesing deur ‘n personeelgroep. 

Hy en sy vrou, Desire, het diep spore by die skool getrap.

“Hulle sal altyd die goue draad bly wat deur NHS geweef is. ‘n Legende soos die nimlike mnr Johan Hattingh leef voort in al die leerders, ouers en personeel se harte wat hy altyd hoog geag het.”

Foto’s: Hennie Homann