100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Paaie in Krugerwildtuin heropen na reën

Written by on January 17, 2025

Die meeste van die grondpaaie in die Krugerwildtuin is heropen namate die weerstoestande na baie, swaar reën verbeter.

Volgens die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, is die hoofpad tussen Skukuza en Onder Sabie gedeeltelik weggespoel en kan Onder Sabie via Tshokwane op die H10 bereik word.

In Tshokwane is alle grondpaaie oopgemaak behalwe die S33.

Die Sand en Sabie laevlakbrûe is weer begaanbaar. Die pad tussen Skukuza en Satara is ook oop.

Talamati-boskamp, wat gesluit was, ontvang van vandag af weer besoekers.

Balule is slegs toeganklik via die Olifantsrivier-hoogwaterbrug, vanuit die suide (die Olifantsrivier-laagwaterbrug is steeds ontoeganklik).

Alle ander Bosveldkampe is toeganklik, aldus Phaahla.

“Die reën het vir eers opgehou, maar die rampbestuurspan sal voortgaan om dit te monitor en vinnig op te tree as die situasie verander,” sê hy.

“Besoekers word aangemoedig om waaksaam te bly op die grondpaaie en wanneer hulle laevlakbrûe oorsteek.”

Luister:

Bevestig toeganklikheid by die ruskamp of skakel 013-735-4325 viir jy reis.

*Foto: Die Sabierivier vroeër die week

Sien ook: Man wat Duitse toeris doodskiet binnekort gevonnis – Radio Laeveld