Tweede verdagte in Pienaar massa-skietery van moord aangekla

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die tweede verdagte wat gearresteer is in verband met die noodlottige skietery in die vroeё oggendure Saterdag in Pienaar is vandag van moord aangekla in die  Kabokweni-landdroshof.

Mduduzi “Kehla” Lubisi (43) het gister reeds verskyn weens die beweerde besit van drie ongelisensieerde vuurwapens.

Agt mense is tydens die skietery voor ‘n tavaerne dood. Nog drie is gewond, waarvan twee intussen uit die hospitaal ontslaan is.

Volgens die polisie het twee mense vanuit hul onderskeie voertuie op mekaar begin skiet toe die slagting ontstaan het.

Die eerste verdagte, Bongani Nkosi, het reeds in die hof verskyn. Beide verskyn weer Dinsdag wann mborgtog aansoek kan doen. Hulle bly in aanhouding.

Sien meer: Nog ‘n verdagte vas na massamoord in Pienaar