100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog ’n verdagte vas na massamoord in Pienaar

Written by on January 15, 2025

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die skietvoorval waarin agt mense Saterdag in Pienaar buite Mbombela dood is.

Ses mense is op die toneel dood. Twee mense het later in die hospitaal beswyk. Nog drie mense is gewond.

‘n Verdagte, Patrick Nkosi (39), is die naweek in hegtenis geneem en het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn.

Hy het glo intussen ‘n bekentenis afgelê.

Die saak is tot 21 Januarie uitgestel vir ‘n formele borgaansoek. Hy bly in aanhouding.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, luit. kol. Jabu Ndubane, sê die 43-jarige verdagte wat gister in Pienaar aangekeer is, het twee pistole sonder ammunisie in sy besit gehad.

Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Luister: ENG NdubaneOnArrest