Magnetiese strook-kaartbetalings van die baan op N4

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

TRAC sê hulle sal vanaf 1 Desember nie meer magnetiese strook-kaartbetalings by die tolplaza’s op die N4-roete aanvaar nie.

Die maatskappy, wat die tolpad bestuur, sê die opdatering sal betalingssekerheid verbeter en ‘n meer gerieflike ervaring by tolhekke bied.

Betalingsmetodes wat aanvaar word is:

  •  Kontakloos-geaktiveerde debiet- of kredietkaarte
  • Slimtoestelle wat aan kontaklose betaaltoepassings gekoppel is
  • TRAC-tags vir vinnige tolbetaling
  • Kontant.

Sien ook: Persraad breek lansie vir vryheid van spraak