Veldwagter deur buffel beseer in Krugerwildtuin

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

‘n Veldwagter is gister in die Pretoriuskop-gedeelte van die Krugerwildtuin ernstig deur ‘n buffel beseer.

Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê die buffel het op hom afgestorm, terwyl hy op patrollie gestap het saam met ‘n kollega naby die Sabierivier.

Die beseerde veldwagter het aan die buffel se horings vasgeklou totdat sy kollega die dier geskiet het.

Luister: 

Hy ontvang tans mediese behandeling.

*Foto ter illustrasie

Sien ook: Leeu teen hiëna teen… krokodil